14/06/2026
Baie dankie aan Johan vir die foto's. By die viswater met familie, hier langs die Vaalrivier by LeeuwenVaal vergeet mens van als, hul is dankbaar vir tye soos hierdie, son sak, vlammetjie brand, vleisie word gebraai en die geselskap vloei, nie oor hoeveel vis daar gevang word of wat weggekom het nie nie, maar oor familie samekoms, langs die vuur, bou hul nuwe herinneringe, lag en dan die stilte met die jakkalse wat skreeu in die verte. Tyd staan stil langs die water. Vroeg oggend was die lynne weer uitgegooi, die son het net-net opgekom oor die Vaalrivier, en die mis het nog soos n kombersie oor die water gelê, met visstok in een hand en koffie in die ander hand. Laat die pret begin vir die dag.
Selfs die bui reën het nie hul gestuit om pret te hê nie.