05/11/2026
Die beste herinneringe gebeur wanneer 'n mens net saam is. 🤎
Geen groot planne is nodig nie.
Net tyd saam, die vars lug, die berge en 'n bietjie avontuur.
’n Wildrit, ’n nuwe plek om te ontdek, ’n lekker braai en stories wat nog lank ná die naweek vertel gaan word.
Kinders word groot, grootmense word oud maar die herinneringe wat julle saam maak, bly.
Bring jou mense. Ons sorg vir die plek. 🌿
📍 Kwaggashoek Game Ranch | Noordelike Drakensberge