08/06/2026
𝗪𝗢𝗥𝗗 𝗗𝗘𝗘𝗟 𝗩𝗔𝗡 𝗗𝗜𝗘 𝗙𝗜𝗖𝗛𝗜𝗘 𝗛𝗨𝗜𝗦-𝗙𝗔𝗠𝗜𝗟𝗜𝗘! 🦁
Inskrywings vir 2027 by Fichie Huis is nou oop!
Fichie Huis is meer as net 'n koshuis – dit is 'n tweede tuiste waar vriendskappe gevorm word, karakter gebou word en leerders die ondersteuning ontvang om hul volle potensiaal te bereik.
Hier word tradisie, dissipline, omgee en Fichie-trots daagliks uitgeleef. Ons skep 'n veilige en ondersteunende omgewing waar elke inwoner kan groei, leer en behoort.
Of dit op die sportveld, in die klaskamer of tydens kultuuraktiwiteite is – by Fichie Huis stap ons saam die pad na sukses.
🌐 Laai jou aansoekvorm af op Fichies se webblad:
www.fpark.co.za
https://www.fpark.co.za/koshuis/
Moenie wag nie – verseker vandag nog jou plek in die Fichie Huis-familie!
🏡 Fichie Huis – Jou tuiste weg van die huis.