Pippa Pikkewyn

Pippa Pikkewyn Het jy ook al gewonder oor plekke, mense en hul dinge? Pippa ook!!! Ons toer saam met Pippa in ons land en ervaar als eerstehands saam met haar.

Dit het als begin met 'n seuntjie en 'n storie... �

Eendag, lank gelede, was daar 'n seuntjie wat mal was oor die lewe. Hy het elke dag voluit gelewe en was veral lief vir die see ... veral oom Adri se see. Droomverlore het hy op die strand gespeel, skulpies opgetel, in die yskoue branders gespeel en gedroom oor 'n lewe by die see. Jy sien, hy het nie by die see gebly nie. Hy het net daar gekuier

... by oom Adri se see (die koue Weskus-see). Elke dag het hy gewonder oor die geheimenisse van die waters, die visse en seediere, en veral oor pikkewyne. Pikkewyne, wat so vriendelik maar tog koddig lyk as hul wegstap, maar ook so vinnig en grasieus deur die water kon klief. Terug by die sy huis in Gauteng, wonder hy oor daardie see en sy yskoue water. Mamma vertel hom van 'n ander see, 'n warm see, 'n see die anderkant van die land. En dadelik wil hy gaan kyk. Maar natuurlik laat Mamma hom nie toe om alleen gaan nie, iemand moet saam. Iemand wat "ken van see", wat daarvan sal hou om saam met hom te reis na daardie warm see. Iemand soos Pippa Pikkewyn. So begin die reis. Seuntjie en Pippa pak die reis aan, daar van oom Adri se see af, oor die breedte van die land, soms met ompaaie, op grondpaaie, deur damme en riviere en oor berge. Met karre, soms vliegtuie en selfs perdekaretjies en trekkers. Die reis is opwindend, vol pret en soms met vreemde ervarings. Elke aand geniet Seuntjie en Pippa die ervarings en sien sommer dadelik uit na die volgende aand om die volgende ervaring te beleef. Hulle is 'n span om mee rekening te hou, en almal wie op hul pad kom, raak lief vir hul. Seuntjie se aadse reis word voltooi, en Pippa besluit om die reis voort te sit. Sy kuier by dorpe, eetplekke, kunswinkels, markte, padstalletjies ... enige plek wat lewe ... en sy deel dit met ons. Kom toer saam met Pippa, deel in haar se reise, raak betrokke en geniet elke oomblik ... wie weet, hier en daar wag daar dalk'n verrassing .... !

Address

47 Main Road
Bonnievale
6730

Telephone

+27833061654

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Pippa Pikkewyn posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share