15/08/2026
Werner Fördelmann – ’n Stukkie geskiedenis by Lord Carnarvon
Petra Fördelmann besoek Lord Carnarvon!
Haar vader, Werner Fördelmann (1926–2012), ’n Duitse immigrant, het ’n besondere liefde gehad vir die Suid-Afrikaanse landskap en dit op doek vasgevang.
Werner was ook deel van die rondreisende kunstenaars wat van dorp tot dorp gereis het. Soms het hy sy skilderye as betaling vir akkommodasie in plattelandse hotelle aangebied.
Vandag is verskeie van sy werke by Lord Carnarvon te sien — sommige van hulle het voorheen in die Carnarvon Hotel gehang.
Met haar vertrek groet Petra met die mooi woorde:
“Pieter, dankie dat jy mooi kyk na Pa se skilderye.”
’n Mens kan sekerlik nie vir ’n beter bewaring van ’n kunstenaar se nalatenskap vra nie.