02/11/2026
“𝘛𝘦𝘳𝘸𝘺𝘭 𝘮𝘺 𝘷𝘰𝘭𝘬 𝘴𝘦 𝘨𝘦𝘴𝘬𝘪𝘦𝘥𝘦𝘯𝘪𝘴 𝘶𝘪𝘵 𝘥𝘪𝘦 𝘯𝘢𝘴𝘪𝘰𝘯𝘢𝘭𝘦 𝘬𝘶𝘳𝘳𝘪𝘬𝘶𝘭𝘶𝘮 𝘨𝘦𝘳𝘦𝘥𝘪𝘨𝘦𝘦𝘳 𝘸𝘰𝘳𝘥, 𝘬𝘰𝘰𝘱 𝘦𝘬 𝘦𝘭𝘬𝘦 𝘯𝘶𝘸𝘦 𝘨𝘦𝘴𝘬𝘪𝘦𝘥𝘦𝘯𝘪𝘴𝘣𝘰𝘦𝘬 𝘸𝘢𝘵 𝘦𝘬 𝘬𝘢𝘯 𝘴𝘪𝘦𝘯.”
Dit is die kragtige woorde van Steve Hofmeyr . Daarin lê ’n belangrike waarheid: As ons nie self moeite doen om ons geskiedenis te ken, te bewaar en aan die volgende geslag oor te dra nie, wie gaan dit doen?
Ons sê opreg dankie aan Steve dat hy sy stem dik maak vir 𝑯𝒊𝒆𝒓 𝒔𝒕𝒂𝒂𝒏 𝒐𝒏𝒔 𝒔𝒕𝒆𝒆𝒅𝒔, die besonderse nuwe boek deur dr. Danie Langner, en mense aanmoedig om nie net hul geskiedenis te lees nie, maar ook aktief te help bewaar.
𝑯𝒊𝒆𝒓 𝒔𝒕𝒂𝒂𝒏 𝒐𝒏𝒔 𝒔𝒕𝒆𝒆𝒅𝒔 is méér as net nog ’n boek vir jou boekrak. Dit is ’n waardevolle bron wat die geskiedenis van die Gelofte, die betekenis daarvan deur die eeue en die erfenis wat ons aan toekomstige geslagte moet nalaat, belig.
Daar is egter nóg iets wat ons nie mag vergeet nie: Bloedrivier het ons ondersteuning nodig!
Elke boek wat aangekoop word, en elke nuwe Vriend van Bloedrivier, dra by om hierdie besonderse erfenisterrein te beskerm, te herstel en vir toekomstige geslagte te bewaar.
📖 Kry jou eksemplaar van 𝑯𝒊𝒆𝒓 𝒔𝒕𝒂𝒂𝒏 𝒐𝒏𝒔 𝒔𝒕𝒆𝒆𝒅𝒔 en maak dit deel van jou versameling.
🤝 Word ’n Vriend van Bloedrivier en help verseker dat hierdie geskiedenis nie verlore gaan nie.
👉 Besoek: https://bloedrivier.org.za/hier-staan-ons-steeds-ontvang-jou-eksemplare/
As ons wil hê ons geskiedenis moet voortleef, moet ons bereid wees om dit self te dra, te vertel en te bewaar.
▶️ Moenie net toekyk hoe ons geskiedenis verdwyn nie. Word deel van die geslag wat dit bewaar!
Deel gerus hierdie video. Laat Steve se boodskap verder reis. Miskien is daar iemand in jou vriendekring wat hierdie boodskap vandag moet hoor.