07/09/2026
Party drome begin klein… maar hulle hoef nooit klein te bly nie.
Wat begin het as ’n droom, het gegroei tot Buff and Fellow — ’n plek gebou op geloof, harde werk, ’n liefde vir die natuur en die waagmoed om soms ’n bietjie groter te droom as wat sin maak.
Ek is ongelooflik trots om my storie as entrepreneur te deel op Klein Sake, Groot Drome op VIA TV Die tema, “Grenslose Drome”, kon nie meer gepas wees nie — want ek glo die grootste beperking op ’n droom is hoe ver jy bereid is om daarmee te gaan.
Van ’n idee, tot ’n plaas, tot Buff and Fellow soos julle dit vandag ken… en ons droom nog lank nie klaar nie.
Droom groot. Waag groter. Hou aan bou.
Dankie aan elke persoon wat deel is van ons storie.