17/06/2026
Wat 'n voorreg om vandag my fotografie werkswinkel by Brinkley's River Village aan te bied!
Hierdie pragtige bestemming langs die rivier bied soveel meer as net 'n venue. Met rustige natuurskoon, netjiese en gemaklike verblyf, 'n heerlike restaurant en die oudste kroeg in Mosselbaai, is dit die perfekte plek om weg te breek van die alledaagse gejaag.
Die atmosfeer is ontspanne, die omgewing asemrowend en die mense ongelooflik vriendelik. Van die oomblik wat ek daar aangekom het, is ek met warmte en gasvryheid ontvang.
Baie dankie aan die span van Brinkley's River Village vir julle vriendelike verwelkoming en uitstekende diens. Dit was 'n absolute plesier om my werkswinkel by julle aan te bied.
As jy op soek is na 'n plek om te ontspan, lekker te eet of 'n naweek weg te breek, kan ek Brinkley's River Village beslis aanbeveel.
📍 Mosselbaai 📷 Martin Ras Photography