28/10/2026
🚜 Iets nuuts is aan die kom by Arbeidsrus! 🏕
Hier op die plaas staan ons nie stil nie. Daar word hard gewerk, planne word in werking gestel en iets besonders begin vorm aanneem by ons kampterrein.
Ons bou nie net aan iets nuuts nie, maar aan nóg ’n stukkie plaasrustigheid waar julle kan kom asem skep, die natuur geniet en kosbare herinneringe maak.
Die Desembervakansie is om die draai, en ons sien uit om elkeen van julle hier te verwelkom!
Hou gerus die spasie dop… 👀