16/08/2026
Smarti.9
Smarti was so 8 weke oud. Op 21 weke word die stinkmuishondjies as volwassenes gereken. Sy drink 4 ml melk waarvoor sy baie lief is en hou sommer met haar voetjies die inspuiting vas terwyl ons die volume se tempo beheer.
Sy kan nou klein flenterjies maer maalvleis eet met haar fyn tandjies. Sy speel en hardloop deur karton silinders. Kruip onder komberse in en as iets nuuts by haar omgewing toegevoeg is, word dit dadelik verken.
Met ons kuier moes ons baie seker maak sy glip nie iewers uit nie. Dit sou net een erge traumatiese saak gewees het!!!!!