Ons Hoop Meisieskoshuis- Hoër Volkskool Potchefstroom

Ons Hoop Meisieskoshuis- Hoër Volkskool Potchefstroom Waar meisies ware dames word | Follow ons op Instagram & TikTok 🩷 Vir die meisies was daar Ebenhaezer, in Bergstraat, by mnr en mev Zinn. Ons lyk regtig pragtig!

ONS HOOP GESKIEDENIS:

In die begin moes die leerders aan Volkskool self losies vir hulle soek by privaathuise in en om die skool. Die naam “Ebenhaeser” beteken ‘tot hier het die Here ons gehelp’ volgens 1 Samuel 7:12(b). Vir die seuns was daar ‘n losieshuis op die hoek van Wolmarans- en Greylingstraat. Die 20 seuns wat daar gebly het, het die veelseggende, allesomskrywende naam van Treacle Lodge

oftewel Pelgrimsrus uitgedink. In 1924 verhuis die leerlinge na Spes Bona op die hoek van Jeugd- en Nieuwestraat. In 1925 het die Provinsiale Administrasie geldelik bygedra en is Werda begin. Die twee seunskoshuise smelt in 1927 saam, onder die naam Werda. Spes Bona doen diens as ‘n meisieskoshuis. Uiteindelik in 1933 word Ons Hoop (Blok A en B) vir die meisies gebou en word dit amptelik op 15 Junie 1933 deur Adminstrateur Bekker ingewy. In 1937 word Blok C voltooi en in gebruik geneem. Jack Pauw koshuis word eers in Desember 1939 voltooi. Daar het julle dit meisies – ons is die oudste koshuis op die terrein! Iets om op trots te wees. Onthou gerus al die meisies wat sedert 1933 deur hierdie koshuisdeure geloop het. Inderdaad ‘n koshuis met ‘n ryke tradisie. A-blok is vandag Karee, B-blok Suikerbos (ingangsportaal, studiesaal en eetsaal), C-blok Wag-‘n- Bietjie. Taaibos is eers later aan Suikerbos gelas om meer meisies te akkommodeer. Die name soos jy oplet is alles boomname wat eg is aan die Wes-Transvaal (vandag Noordwes). Die koshuis op Ons Hoop se briefhoof is Suikerbos. Graad 8’s word in die ‘dormitories’ (slaapsale) van Karee en Wag-‘n-Bietjie gehuisves. Die Presidente (hoofmeisie) bly in Karee en die vise-presidente (onderhoofmeisie) in Wag-‘n-Bietjie. Die snoepie (met die uiters beskrywende naam Holkol) is in Karee. Ons gaan op ‘n Woensdag met ‘n denim (kort- of langbroek) en ons pienk ‘Ons Hoop’ hempies dorp toe. As dit koelerig is (of in die winter) dra ons die koshuisbaadjies met jou naam agterop. Jy sal sommer al die 1ste dag jou baadjie en hempie kan bestel. Ons hou jaarliks: Valentynsokkie, Ma-en Dogteraand, pannekoekaand en ‘n kersboom aan die einde van Oktober. Tussendeur is daar gang- en graadaksies om aan deel te neem. Ons beplan nuwe tradisies en funksies vir 2015. Ons hoop jy is gereed om deel te word van hierdie ryke tradisie.

Address

Kruis Straat
Potchefstroom
2570

Telephone

+27723912553

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Hoop Meisieskoshuis- Hoër Volkskool Potchefstroom posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category