13/07/2018
Ek voel ek moet darem net al die gastehuise in d omgewing waarsku. Ene Johnny Jacobs (nie baie oorspronklik nie😉) het Dinsdag 2 dubbelkamers vir die naweek bespreek en daarop aangedring dat ek dadelik d faktuur met ons bankdetails aanstuur. En wow... Di aand kry ons kennis v ‘n R49449 betaling, ek sien die inbetaling op d staat, maar dit reflekteer nie op ons saldo nie (sou baie gehelp het...😜). Elk geval, vroeg Woe oggend bel Johnny my non stop, beweer sy sekretaresse het verkeerd inbetaal, kan ek asb d balans minus d bespreking se geld vir hom terugbetaal. Ek verduidelik toe dat ek niks kan betaal voor dit nie op ons saldo wys nie. Nadat hy omtrent 10 keer gebel het, settle hy vir R5000 om glo net dringend sy ‘rooftiles’ te betaal. Ek weier nog steeds, veral nadat Ronel v Absa my gewaarsku het dat ‘n tjekdeposito 10 dae moet lê voordat hy op jou saldo wys. En net soos ek verwag het, vanoggend is d tjek gestop. Dankie Ronel vir jou hulp. En mede gastehuis eienaars en almal wat besighede het, loop maar lig vir hierdie tipe v skelmheid. 😬