09/09/2026
Kampeer, maar maak dit gerieflik!
By Dibiki Riversdal is ons kampeerterreine netjies versorg en gereed vir jou volgende wegbreek. Geniet jou eie privaat badkamer en opwasruimte direk by jou staanplek... geen toustaan of skottelgoed-ekspedisies nie!
Die geplaveide gedeelte help om jou karavaan mooi gelyk te kry, sodat jy vinniger kan afpak, ontspan en die kampvuur aansteek.
Boek jou staanplek en ervaar kampeergerief op sy beste!
đ www.dibikiriversdal.co.za