22/10/2026
🎪🦁🏴☠️ *DESEMBER BY OMARAMBA 2026* 🤠🌴🏅
Hierdie Desember gaan ons nie net vakansie hou nie, ons gaan behoorlik tekere gaan!
Ons het ’n vakansieprogram saamgestel wat selfs jou kinders van skermtyd sal laat vergeet. Ja, só ernstig is ons oor pret! 😏
🎡 *Karnaval-Kaperjolle*
Waar grootmense ook skielik dink hulle kan soos kinders aangaan.
🦁 *Kallie se Safari-avontuur*
Geen paspoort nodig nie ,net ’n goeie avontuurlus!
🏴☠️ *Sarel se Seerower-skattejag*
Arrr! Die skat is versteek… en nee, Pa, dit is nie langs die koelhouer nie.
🏃 *Boeresport-Bonanza*
Bring jou spoed, jou krag en jou beste verskoning vir wanneer jy verloor!
🌴 *Eiland-Kaperjolle*
Tropiese pret sonder vliegtuie, lughawe-rye of verlore bagasie.
🤠 *Die Wilde Weste*
Trek jou stewels aan en hou jou hoed vas... dinge gaan wild raak!
🏅 *Omaramba se (Pret)Olimpiese Spele*
Geen professionele ervaring nodig nie. ’n Kompeterende familie en onnodige selfvertroue sal voldoende wees!
Pak die kinders, die swemklere en jou sin vir humor. Die res van jou waardigheid kan jy maar by die huis los! 😂
📍 Omaramba Vakansieoord
Geleë in Buffelspoort, oorkant Buffelspoortdam, Noordwes.
☎️ Bespreek! Bespreek! Bespreek!
Want “ons sal nog kyk” eindig gewoonlik in “hoekom is daar nie meer plek nie?”
014 572 3004