VLU Platrand Tambukistreek Mpumalanga

VLU Platrand Tambukistreek Mpumalanga Die VLU is 'n nie winsgewende organisasie wat opvoedingsgeleenthede bied aan sy lede

Damesoggend 1 Augustus 2026Bespreek byCarien 083 928 2121 Susan 082 771 1408
22/06/2026

Damesoggend 1 Augustus 2026
Bespreek by
Carien 083 928 2121
Susan 082 771 1408

Platrandtak se lede was opgewonde om Juniemaand se vergadering te begin.  Ons verwelkom 'n nuwe lid Marlie Geldenhuys va...
18/06/2026

Platrandtak se lede was opgewonde om Juniemaand se vergadering te begin.
Ons verwelkom 'n nuwe lid Marlie Geldenhuys van Platrand omgewing.

Gasvroue vir die oggend was Alna Kapp, Joan Blignault, Adri Louw, Hannetjie du Preez en Lena du Plessis. Natuurlik was lede bederf met heerlike terte en ander eetgoed. Baie dankie dames, ons het heerlik gesmul.

Petro Josste, die takvoorsitster het vinnig die agenda deurgegaan en die kongres registrasie is ook bespreek.

Maryna van Emmenes, Takvoorsitster van Vaalriviertak in Hoƫveldstreek het lede meer kom vertel oor die Stik en Sny metode vir 2027 se SAVLU kompetisieartikel.
Maryna het lede van die 3 verskillende metodes van stik en sny vertel; daar is die
Stik en sny metode (Stich & slash) die Chenille tegniek en die keersy appliek tegniek. Daar was voorbeelde van elke tegniek en lede kom deeglik na die tegnieke kyk en vrae vra. Dit was baie insiggewend en dames weet nou watter tegniek om vir hul artikel te gebruik en watter gereedskap om te gebruik.

31/05/2026
VLU Platrand se dames het hul takvergadering in Mei gehou op 'n vrolike sonskyn wintersoggend. Die Gasvrou was Petro Joo...
29/05/2026

VLU Platrand se dames het hul takvergadering in Mei gehou op 'n vrolike sonskyn wintersoggend.
Die Gasvrou was Petro Jooste, Chantelle Jooste en Stephanie Schutte.
Lede kon heerlik smul aan al die versnapperinge - en glo my daar was genoeg om aan te peusel!
Daar was 'n demonstrasie van die streekartikel - Decoupage windklokke blikkies. Dames het gesels oor watter tipe kwasse die beste sal werk asook hoe om blasies onder die servet te vermy. Die blikkie se oopsny en voorbereiding is baie belangrik. Lede moes elkeen hul 'versameling' servette saambring vir uitruil onder mekaar. Daar was baie om van te kies.
Almal was baie dankbaar dat Adri Louw die vergadering kon bywoon en haar voet so herstel het na 'n perd daarop getrap het.
Carien Schabort wat die beoordelaars opskerping die vorige week bygewoon het, het aan lede belangrike inligting rondom van die SAVLU kompetisie artikels gegee.

Tydens Aprilmaand se takvergadering het VLU Platrand 'n demonstrasie gehou oor ons streeksartikel "Akriel blaasverftegni...
21/04/2026

Tydens Aprilmaand se takvergadering het VLU Platrand 'n demonstrasie gehou oor ons streeksartikel "Akriel blaasverftegniek". Die gasvroue vir die dag was Carien Schabort, Marisca Vosloo, Suretha Kruidenier en Colene Fritz.

Lede het met aankoms heerlik gesels en koffie gedrink. Elsie Denner het by die vergadering kom kuier en ons hoop om 'n nuwe lid te werf. Suretha Kruidenier het 'n baie oulik opening gehad deur te gesels oor hoe ons as vroue mekaar moet ondersteun. Punte op die agenda is afgehandel en lede kon saam saam leer oor die blaasverftegniek - nie so maklik so mens d**k nie. Daar is gemeng aan water en verf om net die regte dikte te kry om die verf egalik oor die doek te blaas. Blaastegnieke met 'n haardroƫr, strooitjie en blaaspompie is gedemonstreer. Tipes akrielverf is bespreek en lede het baie vrae gehad. Lede sien baie uit om die artikel te maak.

3 Maart 2026 hou VLU Platrand hul takvergadering.  Lede is opgewonde om mekaar weer te sien na die konferensie en ons is...
01/04/2026

3 Maart 2026 hou VLU Platrand hul takvergadering. Lede is opgewonde om mekaar weer te sien na die konferensie en ons is trots op 'n baie suksesvolle konferensie.

Gasvroue was Hannetjie du Preez, Lena du Plessis, Joan Blignault en Alna Kapp. Die gasvroue het glad nie terug gestaan met die heerlike eetgoed nie, en elkeen het die soet en die sout terdee geniet. Pragtige geel blomme is in Robertson wynbottels geplaas en pronk al te mooi - 'n fantastiese idee vir eenvoudige dekor.

Die SAVLU artikels is behandel en lede kan begin beplan waaraan hulle wil werk vanjaar. 2026 gaan voorwaar 'n besige jaar wees in Platrand tak.

Address

Standerton
2430

Telephone

0839282121

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VLU Platrand Tambukistreek Mpumalanga posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share