Clanwilliam Accommodation

Clanwilliam Accommodation Self-catering, B&B and budget options for every traveller — Clanwilliam stays that feel like home.

We offer the whole range, no matter what your reason for travel is... Clanwilliam Accommodation is the answer!

Ontbyt... ontbyt raak al hoe meer belangrik in die gastehuis bedryf ... hoekom? Want mense voel dat dit net meer gemakli...
15/06/2026

Ontbyt... ontbyt raak al hoe meer belangrik in die gastehuis bedryf ... hoekom? Want mense voel dat dit net meer gemaklik is om op een plek sommer als te kry!

Kyk bietjie na ons twee ontbyt opsies! Is jy meer ń vrugte tipe of meer die Afrikaans vleis tipe ontbyt? Laatweet ons bietjie! Dit is altyd lekker om te sien wat ons gaste geniet!

Liefde
Die Clanwilliam Accommodation span!

Is jy ń wyn-liefhebber? Dan is dit net een van nog 100 redes hoekom jy ons mooie Cederberg dorpie moet besoek. Met van d...
13/06/2026

Is jy ń wyn-liefhebber?
Dan is dit net een van nog 100 redes hoekom jy ons mooie Cederberg dorpie moet besoek.
Met van die beste wyne in DIE WÊRELD is Cederberg Wines ń stop wat jy moet maak!

Het jy al hierdie heerlike wyn geproe?

12/06/2026

Dit is Vrydag by Clanwilliam Accommodation! Geniet hom 🤣🤣🫢

Baie liefde
Die Clanwilliam Accommodation span

11/06/2026

Julle sal nie glo nie, maar ons skel alweer!

Nuwe meisies sukkel nog so bietjie ( hier is ń hele paar ) so gereeld met inspeksies is kamers glad nie op gehalte nie en dit is juis hoekom ons inspeksies moet doen.

Hier by Clanwilliam Accommodation will ons julle als wys. Die dorp se mooi, sowel as die probleme. Die gastehuis se mooi, sowel as die behind the scenes.

Maak nie saak wat nie , dit bly vir ons so groot voorreg om in die bedryf te wees en ons geniet elke liewe dag die nuwe mense met nuwe kulture wat ons ontmoet.

As jy nog nie het nie, kom kuier!

071 383 1388

Om mee af te eindig wil Sophia graag noem dat ons as gastehuis , sowel as sy is baie lief vir almal wat deel geraak het en nogsteeds deel raak van ons Clanwilliam Accommodation familie!

Baie liefde en mooi dag!
Die Clanwilliam Accommodation span

As julle hierdie ongelooflike mooi kerk sien, aan  watter dorp d**k julle? Augustus en September is hier 1000de en 1000d...
10/06/2026

As julle hierdie ongelooflike mooi kerk sien, aan watter dorp d**k julle?

Augustus en September is hier 1000de en 1000de mense in hierdie einste kerk met ongelooflike blomme uitstallings!(HINT HINT)

Laatweet ons en sê ook sommer of jy hom al besoek het!

10/06/2026

Ons wil vanoggend vinnig baie dankie sê aan Cederberg Munisipaliteit en ook Weskus District Munisipaliteit wat hul werkers en water lorrie al 3 keer gebring het om ons gastehuis in nood te help met skoon water.

Ons spesiale filter stelsels kan ongelukkig nie voorhou met die vloed se vuil water nie.

Mooi dag vir almal!
Liefde
Die Clanwilliam Accommodation span!

09/06/2026

Ontmoet vir Esmerelda, een van ons nuwe Dames!

Ons wys graag vir jul een van ons queen kamers by ons gastehuis! Kom kuier!
071 383 1388

Liefde
Die Clanwilliam Accommodation span

🚨 NUWE DIENS BY CLANWILLIAM ACCOMMODATION 🚨Na jare se versoeke het ons uiteindelik besluit om ALLE gaste toe te laat om ...
09/06/2026

🚨 NUWE DIENS BY CLANWILLIAM ACCOMMODATION 🚨

Na jare se versoeke het ons uiteindelik besluit om ALLE gaste toe te laat om reeds 08:00 in die oggend in te check.

Daar is net een klein tegniese probleempie...
Die vorige gaste check eers 10:00 uit.
Maar moenie bekommerd wees nie! Ons het 'n oplossing gevind. 😌

By aankoms ontvang elke gas:
✅ 'n Sleutel ✅ 'n Stoflap ✅ 'n Mop ✅ Emosionele ondersteuning ✅ En 'n gebed

Stap 1: Klop vriendelik aan die deur en verduidelik aan die slapende gaste dat julle nou hul plek bespreek het.

Stap 2: Indien hulle weier om te vertrek, mag julle die WiFi wagwoord verander en die ketel wegsteek.

Stap 3: Pak hul tasse. Indien julle onseker is wat aan wie behoort, speel sommer "Lucky Packet".

Stap 4: Maak die bed op.
Indien julle 'n onbekende vlek ontdek, moenie vrae vra waarvoor julle nie antwoorde wil hê nie.

Stap 5: Kontroleer die kombuis.
Indien daar net een teelepel oor is, weet ons nie waar die ander 11 is nie. Ons ondersoek dit sedert 2021.

Stap 6: Maak die braai skoon.
Ons is nie seker of die vorige gaste vleis gebraai het of 'n Toyota Hilux se enjin herbou het nie.

Stap 7: Gaan kyk onder die bed.
Ons het al gekry: 🔹 17 sokkies 🔹 3 selfoonlaaiers 🔹 1 kuns tand🔹 4 kinder-speelgoed 🔹 En een keer 'n tannie se hele handsak.

Stap 8: Wanneer alles klaar is, wag asseblief vir inspeksie.

Bestuur sal arriveer met: 🔍 'n Vergrootglas 🔍 'n UV-lig 🔍 'n Wit handskoen 🔍 En die houding van Gordon Ramsay op 'n slegte dag.

Indien ons tevrede is, mag julle uiteindelik ontspan.

Teen daardie tyd behoort dit ongeveer 17:30 te wees.

Gelukkig moet julle die volgende oggend reeds 06:00 opstaan om die nuwe gaste te help incheck.

Ons sien uit daarna om julle te verwelkom.

Of...........
Julle kan net om 14:00 arriveer soos die Here en die skoonmaakspan dit bedoel het. ❤️😂

08/06/2026

Boerseep Boerseep Boerseep

Watter Boerseep gebruik ons en maak dit saak wat ons gebruik? Lara en Sophia vertel meer!

Ons hoop almal het baie geseënde dag en mooi week wat voor lê!

Liefde
Die Clanwilliam Accommodation span

🇿🇦 Roll call! Where are you reading this from today?We'd love to see how far our little corner of the Cederberg reaches....
06/06/2026

🇿🇦 Roll call! Where are you reading this from today?

We'd love to see how far our little corner of the Cederberg reaches.

👇 Comment your town, city, or country below.

Address

10 Leipoldtstreet
Clanwilliam
8135

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Clanwilliam Accommodation posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Hotel

Send a message to Clanwilliam Accommodation:

Share