Duinekroon gasteplaas - Stilbaai

Duinekroon gasteplaas - Stilbaai Duinekroon is 'n werkende plaas. Ons is omgee mense en deel ons plaas graag met vakansiegangers en mense wat lief is vir die buitelewe.

SELFSORG AKKOMMODASIE
Ons het 'n gerieflike 5-slaap eenheid met twee queensize beddens wat kan split in 4 enkelbeddens plus nog een ekstra enkelbed.
Donkiedam word voorsien van beddegoed, badhandoeke, lugreëling, DSTV, WIFI en het 'n sonkrag stelsel is in plek tydens beurtkrag.
Daar is 'n buite braai, maar gaste moet asb hulle eie hout bring, 'n rooster kan vooraf by die kantoor gereël word.



BOSKAMP AKKOMMODASIE INLIGTING
Ons het 'n klein privaat boskamp. Dit is rustig en uniek, geleë in 'n wildskamp met loslopende wild. Die boskamp is skaars een kilometer buite Stilbaai. GEEN krag by die boskamp nie. Alles is selfsorg so jy bring jou eie kampgoedere, eetgerei, beddegoed, flitse, ligte ens. Daar is ablusie geriewe met warm water en toilette. Braaigeriewe is beskikbaar, bring asb jou eie rooster.

MINIATUUR DONKIES
Ons het miniatuur donkies wat geborsel en getroetel kan word.

KOETSE EN PERDE TE HUUR VIR TROUES
Bespreek vroegtydig.

Address

Duinekroon Farm
Stilbaai
6674

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Duinekroon gasteplaas - Stilbaai posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Hotel

Send a message to Duinekroon gasteplaas - Stilbaai:

Share