25/10/2026
10 jaar se liefde, harde werk en trots by Topanga 56!
Na 10 jaar by Topanga 56 lyk dit vandag al sĂł mooi! Ek het oor die jare hard gewerk om my plekkie so gemaklik, mooi en verwelkomend moontlik vir my gaste te maak.
Daarom is ek hierdie week sommer ekstra trots en opgewonde dat Sean van Tonder Photography die finale produk so pragtig op kamera kon vasvang! Die foto’s wat julle hier sien, wys vir my presies wat Topanga 56 vandag geword het – ’n plekkie waaraan ek baie tyd, moeite en liefde spandeer het.
Dit is vir my soveel meer as net ’n vakansie-eenheid. Dit is ’n plek waar mense kan ontspan, herinneringe maak en die mooiste deel van ons Suidkus kan geniet.
Baie dankie aan elke gas wat deur die jare deel van Topanga 56 se storie was. Julle maak hierdie reis soveel meer spesiaal!
Hier is op nog baie mooi jare, gelukkige gaste en onvergeetlike seevakansies!
South Coast Accommodation & Tourism